Twee skole van die Paarl is onlangs benoem in verskeie kategorieë van Netwerk24 se skolenuus-kompetisie.
Die Hoër Jongenskool Paarl het twee benoemings gekry, wat insluit die beste gedrukte skoolkoerant in die land en die beste sportberig.
Brent Goosen van HJS het in die kategorie vir beste sportberig gewen.
Die Hoër Meisieskool La Rochelle het ook weggestap met twee benoemings. Albei is vir die beste nuusberigte.
’n Berig wat deur die leerder Iris Saunders geskryf is, is in die kategorie benoem.
Die skool is ook benoem, en het ook die kategorie vir die beste indiepte-artikel gewen. Die artikel is geskryf deur Inge van der Westhuizen.
Die kompetisie is gehou in samewerking met Die Burger, Beeld en Volksblad. Die skole, en leerders, is beoordeel op verskeie aspekte van die skoolkoerante wat hulle uitgee. Dit sluit in die inhoud wat leerders geskep en geskryf het, asook digitale nuuswaardigheid wat aan die groei is in die skole.
* Two schools from Paarl, Paarl Boys’ High and La Rochelle Girls’ High, were recently nominated in various categories of the Netwerk24 school news competition.

