Die Toringkerk in die Paarl op die hoek van Van der Lingen en Hoofstraat. Foto: Toringkerk/ Facebook
Die Toringkerk in die Paarl op die hoek van Van der Lingen en Hoofstraat. Foto: Toringkerk/ Facebook

Die bekende Toringkerk, wat in 1875 in die Paarl gestig is, vier vanjaar met trots die 150ste bestaansjaar van hul gemeente, histories bekend as die NG gemeente Noorder-Paarl, en het ‘n stampvol feesprogram om die feesjaar in te wei.

Dié Nederduitse Gerevormeerde (NG)-kerk wie se gemeente destyds bestaan het uit 377 lede se hoeksteen is op 8 April 1905 deur die bekende dr. Andrew Murry gelê onder leiding van Seppie de Villiers en ds WA Joubert., volgens die kerk se webtuiste.

Die kerkgebou het £19600 gekos, terwyl die grond £3000 was. Die banke, preekstoel, orrel, ligte en omheining het ’n verdere £4570 gekos, het die webtuiste geskryf.

Wees deel van die pret

Volgens Sumien Symington, die Toringkerk se projekkoördineerder, wie aangestel is om die 150ste-feesjaar se feesprogram te bestuur, skop die feesprogram vadag (16 Mei) af met hul jaarlikse wynveilig waar die grapjas, Wicus van der Merwe, die afslaer is.

Addisionele byeenkomste sluit in die hoeksteenlegging op 26 Julie waar kaartjies na ‘n langtafel ook te koop sal wees, asook ‘n erediens op 27 April.

Vrouedag word ook gevier met ‘n vroueoggend op 9 Augustus met Amore Bekker as gasspreker, en die gewilde Markietie wat jaarliks duisende voete lok is geskeduleer vir 5 tot 6 September

‘n Terugblik

Volgens Symington het die Toringkerk, soos vele ander kerke, destyds onstaan weens ‘n verdeeldheid onder die gemeente en ouderlinge.

Die Strooidakkerk was destyds die enigste NG-kerk in die Paarl, en meeste Paarliete het daaraan behoort, maar die ontwaking van die Afrikaner bewussyn” soos prof Floors van Jaarsveld in sy boek getiteld “Die Ontwaking van die Afrikaanse Nasionale Bewussyn 1868-1881” geskryf het, het daar ‘n skuif in die NG-kerk ontstaan.

Die voorstanders van dié beweging was Gottlieb Wilhelm Antonie, of te wel, GWA van der Lingen, wat destyds van mening was dat die Strooidakkerk sou “verengels,” volgens Symington.

Die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) is kort na die wegbreek vanaf die Strooidakkerk gestig deur Arnoldus Pannevis met agt lede wat ook die stigting van die Toringkerk ondersteun het.

Die GRA wou erkenning gee aan Afrikaans as skryftaal en het ook die eerste vertaling van die Bybel in Afrikaans behartig.

Al die oorspronklike leiers van die GRA was lidmate van die Toringkerk-gemeente.

Gedurende die kerk se bestaan tot nou, was daar altesaam 19 dominees. Huigilik het die kerk ook hul eerste vroue-dominee, Jana van Den Munckhof wat in 2014 aangsluit het sowel as ds Peet Bester wat in Oktober 2024 vanaf Franschhoek by die kerk aangesluit het. Ds Dawfré Theron is die tentemaker.

Die hier en nou

Volgens Symington is dit die kerk se “werk om verbetering te bring in tye van nood,” en beywer die Toringkerk hulslef juis op ‘n daaglikse basis hiermee.

Kospakkies word wyd en suid afgelwer en die kerksaal word op ‘n gereelde basis oopgestel vir die publiek wat dit vir funksies en ander projekte gebruik.

Symington het verduidelik dat die Toringkerk se grootste uitdaging tans befondsing insluit.

Volgens haar is een van die grootste uitgawes die onderhoud van die kerk se geboue.

Symington sê egter dat daar altyd begroot sal word vir hiérdie belangrike taak.

“Omdat die kerk self as a nasionale monument bestempel word, is dit ook belangrik dat die argitektuur en geskiedenis behoue bly.”

“Dit is definitief die Koningkryk se werk wat die Toringkerk aan die gang hou,” het Symington gesê.

Besoek die Toringkerk se webtuiste vir meer inligting oor vanjaar se feesprogram.

You need to be Logged In to leave a comment.