Al die Paarlse rugbyklubs het onlangs per skrywe aan die Westelike Provinsie se rugby-en-voetbal-unie (WPRFU) bevestig dat hulle ten volle verbind is tot die WPRFU en dat die 2025-seisoen se voorbereiding in volle gang is, met verskeie klubs wat reeds in verskeie Sewe-aan-’n-kant-toernooie gespeel het.

Young Standards, Paarl Rangers, Vineyards en Young Peoples neem Saterdag (8 Februarie) aan die UR 10 United-toernooi in die Strand deel, met topspanne van die WPRFU wat ook aan dié unieke 10’s-toernooi sal deelneem.

Vriendskaplike wedstryde begin in alle erns op 1 Maart, met Gardens wat teen Rocklands van Mitchells Plain by die Faure-stadion speel en ’n plaaslike wedstryd tussen Albions en Violets by Dal Josafat. Van 8 Maart af is alle Paarlse rugbyklubs by vriendskaplike wedstryde betrokke.

Streekrugby sal in 2025 hervat word, met die beste spelers van die Paarl, Strand, Cities, Noordelikes, Metro en die Suidelike ligas wat teen mekaar sal meeding. ’n Opwindende 2025-seisoen word voorspel.

Promosie- en relegasie-wedstryde word ná afloop van die seisoen aangebied en Paarlse klubs het alles om voor te speel, met die hoogtepunt ’n 7’s-erfenistoernooi op 24 September.

Tans oefen klubs op verskeie onaktiewe oefenvelde omdat behoorlike rugbygeriewe nog nie beskikbaar is nie. Selfs die historiese Kraal word deur klubs vir hul 2025-voorbereidings gebruik.

Die Paarlse rugbykode het alles gereed met sy 2025-geleentheisplan.

. Kontak ’n kode-bestuurslid of skakel Kevin Benjamin, die sekretaris, by 082 731 4879 om vir verkoopsregte te tender.

You need to be Logged In to leave a comment.