Ek woon in Malmesbury en gaan dikwels na die Paarl om daar te draf of bloot te stap en na die historiese geboue te kyk.
Die historiese markplein is net so kosbaar. Die fontein in die middel is ook histories. Dit is lekker om sommer net daarna te kyk en dit te geniet.
Ek voel egter geruime tyd nie meer veilig om naby die fontein te kom nie. Die plein het in sy geheel ook historiese waarde. Dankie dat die waterfontein herstel sal word.
Is daar nie ’n moontlikheid dat die munisipaliteit bedags sal sorg dat die plein nie deur mense misbruik word en besoekers in gevaar stel nie?

