Die Paarl Post-span het verlede Vrydag by die “Rusoord Wheelies” aangesluit om te help om inwoners wat van rolstoele afhanklik is, op ’n uitstappie te neem – van die ouetehuis na McDonald’s, waar hulle deur Luther Bakkes met roomys bederf is. Die “Rusoord Wheelies” bestaan uit ’n groep vrywilligers wat elke Vrydag rolstoel-inwoners vir ’n wandeling deur Rusoord se omliggende buurt neem. Hulle moedig Paarliete aan om as vrywilligers elke Vrydag ’n uur van hul tyd vir liefdadigheid af te staan. Ina Troost van die “Wheelies” rig ’n versoek aan enigiemand wat rolstoele vir die ouetehuis gratis kan diens, om haar te kontak. Ondernemings word ook aangemoedig om as ’n spanbou-aktiwiteit tyd af te staan en die bejaardes vir ’n wandeling te neem. Skakel Ina Troost by 072 441 4211 vir meer inligting oor die “Wheelies”.Foto: Jana Scheepers


Paarl Post en Wheelies van Rusoord-ouetehuis stap saam

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article