Paarl Post bederf Smartie Care Bears

Die Paarl Post-span het verlede week sy drie maande lange Adopt-a-Crèche gemeenskapsuitreikprojek by die Smartie Care Bears-kleuterskool in Smartie Town voltooi.


Die Paarl Post-span het verlede week sy drie maande lange Adopt-a-Crèche gemeenskapsuitreikprojek by die Smartie Care Bears-kleuterskool in Smartie Town voltooi.

In dié tydperk is die skooltjie oorgeverf en nuwe nylonvloere en matte gelê.

Met Paarl Post se besoek Donderdag 21 Julie is nie-bederfbare produkte, handskoene gebrei deur tannie Thelma Cloete van Rusoord, en handpoppies (geskenk deur Cloete) aan hulle oorhandig. Nuwe gordyne is ook opgehang. Die kleuters en personeel is met worsbroodjies en koeldrank bederf. Die Paarl Post bedank vir Pick n Pay wat die oggend saam met ons deurgebring het en ook produkte en speelgoed aan die skooltjie geskenk het. ’n Groot dank gaan ook aan al die borge en skenkers wat aan die projek deelgeneem het.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.