Paarl Polsiiestasie is tans gesluit weens ‘n polisielid wat positief getoets het vir die Covid-19 virus.


Die grootste polisiestasie in die Boland, Paarl Polisiestasie, is vandag (Sondag 3 Mei) gesluit weens ‘n positiewe geval van die Covid-19 virus.

’n Lid van die Wynlandkluster wat by die Paarl Polisiekantoor gestasioneer is, het positief getoets.

Die stasie is gesluit en word môreoggend (Maandag 4 Mei) om 08:00 ontsmet en sal vir ten minste 48 uur lank gesluit wees.

Die Paarl-polisiekantoor het na ’n buite-gebou op die perseel verhuis. Slegs bedryfslede moet vir diens rapporteer en alle ander personeel moet tuis bly.  

Lede wat direk kontak gehad het met die vrouelid sal onder self-kwarantyn geplaas word en deurgaans gemonitor word.

Polisiewoordvoerder, Kapt. Louise du Plessis het gesê dat Paarl SAPD sal poog om voort te gaan om die publiek te dien deur operasionele pligte gedurende die kwarantyntydperk voort te sit. Die kontaknommer is 021 807 4257 en 082 411 2985.

You need to be Logged In to leave a comment.