Paarl-skole oorheers weer vanjaar die WP- Cravenweek-span. Die Hoër Jongenskool Paarl pronk met sewe spelers, Gimnasium met vyf en Boland Landbouskool met een speler. Vanjaar se Cravenweek het Maandag by Rondebosch Boys’ High in Kaapstad begin en WP het uit die staanspoor gewys dat hy ’n span is om mee rekening te hou toe hy Grens 34-18 geklop het. Die WP-span is (agter) Kyle Smith, Gareth Blackmore, Jamie Ricketts, Keanu Coetsee (Gim), Yaseem Arendse, Ben Hydenrych (HJS), Thabiso Molekwa, Wilbur Loubser en Freddie Dreyer (Boland Landbouskool). In die middel is Asád Moos, Janeil Losper (Gim), J.C. Mars (HJS), Jameel de Jongh (HJS), Luke Graham, Bradley Stanfliet (HJS), Shah-Jehaan de Jongh (HJS), Emirique Liedeman (Gim), Jean Fourie (Gim) en Jono Birhanga. Voor is Jongi Nokwe (assistent-afrigter), Thurlon Williams (HJS), Heinrich Martin (assistent-afrigter), Zachary Porthen (kapt.), Clinton van Rensburg (hoofafrigter), Matthew Fick (HJS, onderkaptein), Frikkie Coetzer (bestuurder), Luca Bakkes (Gim) en Marnus Myburgh (voorbereidingsafrigter). Foto: EJ Langner Photography
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.