Skole van oor Suid-Afrika heen het verlede week aan die Noord-Suid-tletiekbyeenkoms (C2M) wat in die Dal Josafat-stadion in die Paarl gehou is, deelgeneem.
Die skole wat die suide verteenwoordig het, was die Hoër Jongenskool Paarl, Paul Roos Gimnasium, die Hoër Landbouskool Boland, die Hoërskool Gimnasium Paarl, die Hoërskool Stellenberg, die Hoërskool Fairmont, Bloemhof Meisieskool, die Hoërskool Durbanville, die Hoër Meisieskool La Rochelle en die Hoër Meisieskool Paarl.
Skole wat die noorde verteenwoordig het, was die Hoërskool Zwartkop, die Hoërskool Randburg, Curro Hazeldean, die Hoërskool Waterkloof, Grey Kollege, die Hoërskool Klerksdorp, Helpmekaar Kollege en Oranje Meisieskool.
Die moordelike het hierdie jaar die C2M-byeenkoms net-net met 25 993 punte teenoor die suide se 25 332 gewen.
Curro Hazeldean het in die seuns-afdeling eerste geëindig, met die Hoërskool Klerksdorp tweede gevolg deur die Hoërskool Waterkloof.
In die meisies-afdeling was die Hoër Meisieskool Paarl eerste en die Hoër Meisieskool La Rochelle tweede
Die Hoër Jongenskool Paarl se Micah Africa is aangewys as die beste junior baanatleet met sy eerste plek in beide die 100 m en 200 m.