Met die skoolvakansie op hande is die Wes-Kaap en Boland­ se rugbyspanne vir verskeie nasionale junior rugbytoernooie tydens die vakansie aangekondig.

. Paarl Gimnasium oorheers met nie minder nie as sewe leerders in die WP se o.18-rugbyspanne wat later hierdie maand in Johannesburg aan die jaarlikse Akademieweek gaan deelneem:

WP: Chandler Green, Nicholas Nel, Wihan Kotze, Jan Koeglenberg, Eli Williams, Liam Burger, JJ du Preez (almal Paarl Gim), Josh le Roux (Boishaai) en Henry Rudder (Boland Landbou).

Boland-span: Jaden Small en L. Jossop (albei Noorder-Paarl Sekondêr).



. Grant Khomo-week vir o.16-spelers:

WP-span: Mickey Booise, Charles Whitehead, Juan Dreyer, Hendré van Zyl (almal Paarl Gim) en Lian de Villiers (Boishaai).

Boland-span: Gerald Laker (Labori).

. Altesaam 12 Paarliete is ingesluit in die WP se o.13-Cravenweek-span vir die nasionale toernooi wat van 17 Junie in Pretoria plaasvind:

WP-A-span: Skyler Hendricks, Nabeel Jappie, William van der Merwe, Quandré Homewood (almal laerskool Paarl Gim), Christoffel Lotter, Chesvigo-Jarred Brown, Chergeo Fransman, Zackery September (almal Noord-Eind), Christiaan van der Watt, Jonathen van der Walt (albei Primêre Seunskool Paarl).

WP-akademiespan: Reuben Young, Janco Bester (albei Noord-Eind).

Boland-span: Nathan Cupido (New Orleans Primêr).

. Verskeie rugbyspelers vanuit die Drakenstein-kweekskool is weer eens ingesluit in die Springbok-oefengroep vir hul toets teen Wallis op Twickenham 22 Junie.

Die oefengroep is Saterdagaand aangekondig en sluit in Frans Malherbe (Boishaai), Salmaan Moerat (Boishaai), Handré Pollard (Gim), Evan Roos (Boishaai), Vincent Koch (Hugenote Hoërskool) en Grant Williams (Gim).

You need to be Logged In to leave a comment.