Die Paarl-krieketklub se bekerwenners by dié klub se prysuitdelingsgeselligheid verlede Saterdag. Agter, van links, is Manfred de Kock (hoofafrigter), Jaywin Solomons, Henrico Albertus, Stefan Conradie, Lynal Jansen ( hulpafrigter) en Lyndon Fredericks (voorsitter). Voor is Adrian du Toit, Donovan du Randt, Javier Visser, Taywin Adams, Luke Philander (kaptein), Lindley Hendricks, Herschelle Poggenpoel, Liam Muller en Ultallyn Erntzen (ondervoorsitter).

Die Paarl-krieketklub het verlede Saterdag uitgehang en sy suksesvolle 2024-’25-seisoen met die oorhandiging van bekers aan verdienstelike spelers op ‘n glasgeleentheid by die Paarl-gholfklub afgesluit.

Paarl se senior span het die afgelope seisoen die Gemeenskaps- en die Boland- Superliga-bekers gewen en was die naaswenners in die Premierliga. Die tweede span was vir die tweede agtereenvolgende jaar die wenners van die

Gemeenskapsbeker in die reserwe-afdeling.

Die gasspreker was Shandre Fritz, ‘nvoormalige Protea-vroue-kaptein.

Die volgende spelers het bekers gewen: Luke Philander: Sportman van die Jaar; Adrian Du Toit: Spelers se Speler van die Jaar; Taywin Adams: Speler van die Jaar; Stefan Conradie: Jong speler van die Jaar; Cody April: Mees belowende jong speler; Waylain September: Beste 50-boulbeurt-bouler; Adrian du Toit: Beste 20-boulbeurt-bouler; Jaywin Solomons: Beste 50-boulbeurt-kolwer; Darryl Hendricks: Beste 20-boulbeurt-kolwer; Keegan Davids: Beste tweede-span-kolwer; Liam Muller en Henrico Albertus: Beste tweedespan-boulers.

Cody April, die wenner van die gesogte HJ Anderson-trofee van die Paarl-krieketklub, saam met sy ouers.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article