Paarl-krieketklub speel tweede viool in T20-stryde

Die Paarl-krieketklub moes tweede viool speel op die Durbanville- sportterrein toe hulle verlede Saterdag vasgeval het teen Durbanville KK (WP) en Pacaltsdorp United KK (SWD) in die T20-klub se streekstoernooi.


Die Paarl-krieketklub moes tweede viool speel op die Durbanville- sportterrein toe hulle verlede Saterdag vasgeval het teen Durbanville KK (WP) en Pacaltsdorp United KK (SWD) in die T20-klub se streekstoernooi.

Durbanville het Sondag ook maklik teen Pacaltsdorp gewen om met twee bonuspunte as die onbetwiste Wes- Kaapse kampioen aangewys te word.

Paarl se wedstryd teen Durbanville (217/3) is ontwrig deur verbroude vangkanse, wat veroorsaak het dat Fritz de Beer (kaptein) die wedstryd oorheers het met 103 lopies van 52 balle (9×6, 11×4). De Beer is met sy telling op 1 misgevat, en later ’n verdere twee keer, voordat Herschelle Poggenpoel in die laaste boulbeurt van hom ontslae kon raak. Ruben Senekal (65 n.u.n. 5×4, 3×6) het nog sout in die wonde gevryf, terwyl Taywin Adams (4-0-39-2) met die beste boulsyfers gespog het.

Paarl (123) het die wedstryd met 94 lopies verloor, nadat slegs JJ van der Sandt (36, 3×4, 1×6) en Adrian du Toit (22) die mas kon opkom met die kolf.

Teen Pacaltsdorp United (123/7) het Paarl se kaptein, Luke Philander (2-0-7-2), gesorg vir die deurbraak, terwyl Poggenpoel (4-0-22-2) ook met die bal beïndruk het. Bradley Carolus (31, 3×4, 2×6) en George van Heerden (27, 3×4) se bydraes genoeg was om Paarl (wat 96 gehaal het) met die kous oor die kop huis toe te stuur.

Dié Saterdag speel Paarl in die Premierliga se 50-boulbeurt weg teen Van der Stel KK, die reserwespan tuis teen Van der Stel II en die derde span weg teen Bella Vista.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.