Dis heerlike lente, die winter is (amper) verby, dus is Paarl KK druk besig om sy vere reg te skud in voorbereiding vir die komende krieketseisoen.

Die bestuur van die Paarl-krieketklub het op 31ste jaarvergadering op 1 September planne vir die 2022-’23-seisoen aangekondig.

Hierdie Saterdag en Sondag reeds speel hulle twee wedstryde, waar Paarl se entoesiastiese ondersteuners kan uitsien na die volgende:. Saterdag 24 Sept teen St. Augustine KK (WP) – 50 boulbeurte . Sondag 25 September teen St. Augustine KK – T20

Albei dae sal St. Augustine se Meesterspan (40+) teen die span van Zurich Muller kragte meet.

En op die naweek van 1 en 2 Oktober sal opwindende krieket gespeel word wanneer ’n T10-toernooi op die Parys-velde tussen die klubs van Drakenstein gehou word:. Paarl KK. Wellington KK. Paarl Oos KK. Young People’s KK. Bergrivier KK. Mbekweni KK. Drakenstein Edu KK en. Saron KK.

Die amptelike wedstryde van Krieket Boland begin op 8 Oktober, wanneer Paarl in Stellenbosch teen die liga-kampioen, Maties, te staan kom.

In verlede naweek se oefenwedstryde (Saterdag en Sondag) het verskeie kolwers beïndruk.

Akeem Minnaar (51), Darryl Hendricks (43), Linley Hendricks (48), Aqeeb Douman (52), Jaywin Solomon (59), Waylain September (36) en Cullen Heugh (30) het die afrigter breed laat glimlag, terwyl Grant Chordnum, Tylon Matthee, Liam Muller en Nathan Jacobs tussen die paaltjies geboer het.

Paarl KK se bestuur is by die jaarvergadering eenparig herkies, behalwe die pos as klubkaptein, wat nou deur Nathaniel Hendricks oorgeneem word.

Tydens Paarl KK se jaarvergadering is die nuwe bestuur vir die volgende twee seisoene gekies:. Ere-president – Quinton Jacobs. Voorsitter – Garron Arendse. Vise-voorsitter – Ultallyn Erntzen. Sekretaris – Lyndon Fredericks. Tesourier – Darryl Hendricks. Wedstrydsekretaris – Ilka Douman. Klubkaptein – Nathaniel Hendricks. Addisionele lede – Manfred de Kock en Gail Swartz.

Die Paarlse afrigter, Manfred de Kock, is baie tevrede met die bywoning van spelers by oefeninge, en verskeie nuwe spelers is verwelkom.

. Paarl KK se gewilde kosverkope word weer op 24 September (Erfenisdag) aangebied. Plaas bestellings by Garron Arendse (083 926 2667) of Lyndon Fredericks (082 710 5116).

You need to be Logged In to leave a comment.