Die jaarlikse loopbaanuitstalling vir hoërskoolleerders is vanjaar Donderdag 1 en Vrydag 2 Februarie in die Paarl-stadsaal in Hoofstraat.
Dit is ’n wonderlike geleentheid vir leerders en hul ouers om meer inligting te oor verskeie opleidingsinstansies en -geleenthede regoor die land te kry.
Die loopbaanuitstalling word deur die Kaapse Wynland-onderwysdistrik tesame met die Kaapse loopbaanuitstallersvereniging aangebied.
Die graad 11- en 12-leerders kan die uitstalling Donderdag 1 en Vrydag 2 Februarie in die oggend besoek.
Die publiek, alle ouers en enige ander leerders word hartlik genooi om die uitstalling Donderdagmiddag 1 Februarie van 14:00 tot 16:00 te besoek.
Die instansies wil hierdie geleentheid gebruik om met ouers en kinders te gesels.
Moenie hierdie wonderlike en gratis geleentheid misloop nie – dit is dalk jou kans om die loopbaan van jou drome te ontdek!
. Bel Corneil Claassen by 021 860 1224 vir nog inligting oor die uitstalling.