Paarl Hospitaal
se personeel en dienste is tans onder hewige druk weens die Covid-19 pandemie. Dus,
om die beste moontlike sorg te gee aan hul pasiënte, is heelwat
gesondheidspersoneel teruggeroep vanaf hul verlof.

Die hospitaal
se bedbesetting is baie hoog en hulle maak voortdurend skuiwe om meer pasiënte
te kan akkommodeer. Teen 6 Januarie was daar 58 pasiënte met COVID-19 en 42
persone wie afwagtend is op hul toetsuitslae, opgeneem in die hospitaal.

 “Die
personeel is moeg, maar  ons bly positief en in goeie gees,” sê dr.
Stephan Fourie, bestuurder van mediese dienste by die hospitaal.

Verder sê Fourie
dat die traumagevalle by die hospitaal oor Nuwe Jaar aansienlik minder was as
wat hulle verwag het, en hulle glo dit was as gevolg van regulasies wat alkohol
betref, asook die aandklokreël.

 “Die
publiek moet asseblief die voorgeskrewe regulasies nakom, hou ‘n veilige
afstand van ander persone, dra jou masker, was of reinig jou hande gereeld, om
die verspreiding van die virus te voorkom,” maan Fourie.

Op 7 January was die huidige aktiewe gevalle van Covid-19 in die Wes-Kaap 37 288, met totale sterftes
in die provinsie op 7 806.

 

You need to be Logged In to leave a comment.