Die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement het weens die Covid-19 pandemie ‘n beleid ingestel wat besoekers by staatshospitale beperk.

Leensie (Streicher) Lötter, woordvoerder van die Weskus distrik en Paarl Hospitaal, sê die rede vir die beperking is om persoonlike distansiëring te verseker in hul fasiliteite en die verspreiding van die virus sodoende te beperk.

Paarl Hospitaal het tot dusver, in belang van kraampasiënte, die standpunt gehandhaaf  dat die voordele van ‘n geboorte metgesel vir kraampasiënte beter is vir die pasiënt en is een geboorte metgesel toegelaat wanneer die moeder in aktiewe kraam was.  

Met die pandemie wat tans besig is om sy piek te bereik, moet hierdie vergunning ongelukkig hersien word en sal Paarl Hospitaal voorts slegs geboorte metgeselle toelaat vir:

• kraampasiënte onder die ouderdom van 18 (vir ingeval daar komplikasies is waar die voog moet toestemming gee), 

•waar die pasiënt nie met personeel kan kommunikeer nie en hulle ‘n metgesel as tolk benodig, 

• of in uitsonderlike gevalle waar die metgesel as aktiewe versorger moet optree (waar die pasiënt se geestesgesondheid of fisiese gestremdheid ‘n aktiewe versorger noodsaak).

“Ons versoek asseblief die publiek se samewerking in hierdie verband,” sê Lötter. “Wees egter verseker dat hierdie besluit in die belang van ons pasiënte en personeel se veiligheid geneem is en dat die beleid hersien sal word sodra dit prakties moontlik is om geboorte metgeselle toe te laat.  

You need to be Logged In to leave a comment.