Paarl Gimnasium het sy babalaas van die Wildeklawer-toernooi In ’n klipharde Premier Interskole-kragmeting afgeskud om Paul Roos met 24-19 in Stellenbosch te klop. Albei spanne was verlede Maandag (1 Mei) in uitputtende kragmetings in die Wildeklawer betrokke. Paarl Gim het egter beter aangepas en met die telling afgereken nadat Paul Roos hulle verlede jaar op hul tuisveld ontstel het. Die Hoër Jongenskool Paarl het Stellenberg 41-29 oortuigend geklop. Hopelik kon die Boishaaiers vandeesweek ’n bietjie asem skep ter voorbereiding vir wat Saterdag ’n titaniese stryd behoort te wees, wanneer Grey College in die Paarl besoek aflê. Wellington se Hugenote Hoërskool het egter 29-26 teen Worcester Gimnasium vasgeval. Op die foto links maak Gimnasium se skrumskakel, Dawid Kotze, gereed om sy agterlyn teen Paul Roos weg te stuur. Foto: Thys Lombaard


You need to be Logged In to leave a comment.

  • Paarl Post – E-edition – 4 December 2025
    Paarl Post – E-edition – 4 December 2025

Gift this article