Gawie Adams (voor middel) saam met ander lede van die Unity Brass Band op Oukersaand. Foto:


Die Unity Brass Band het op Ou Kersaand weer die strate van Wellington vermaak met Oukersaand-klanke met hul blaasinstrumente.

Hiermee gedenk hulle ook 60 jaar van klanke van die Unity Brass Band.

Die orkes het ontstaan in 1962 onder leiding van Gawie Adams, wat vandag nog in die ouderdom van 86 die orkes lei.

Omdat baie van die ouer en oorspronklike lede van die orkes of afgesterf het of om gesondheidsredes nie meer kan deelneem nie, is jonger musikante deur Gawie, Albert Dreyden en Roger Cupido gevra om deel te word van die orkes, wat tot groot sukses gelei het, en ’n belofte dat die ryk tradisie van Unity na volgende geslagte sal voortleef.

Die eerste verskyning van die blaasorkes het plaasgevind toe ’n vereniging na die ou Sendingkerk op Wellington op Oukersaand in 1962 begelei was. Daardie jaar het die orkes sy eerste Oukersnag-musiek begin. As gevolg van lede wat gesterf het en andere wat kroniese siektegevalle en onvermydelike omstandighede ervaar het, was dit moeilik om as stigterslede voort te gaan.

Gawie se wens is dat hierdie mooi tradisie nog jare lank op Wellington sal voortleef.

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article