Die saak teen ’n voormalige Springbok-rugbyafrigter van die Paarl en parlementslid van die GOOD-party, wat in Januarie deur die party geskors is weens beweerde seksuele aanranding van ’n ander GOOD-lid, is weer uitgestel, dié keer tot 19 Junie. Die man het verlede Woensdag (15 Mei) in die Malmesbury-landdroshof verskyn nadat hy sedert April strafregtelik vir die klag teen hom vervolg word.Foto: Argief