Nog ’n Paarlse goue seun van die rugbyverhoog, die oud-Springbok Gurthro Steenkamp, het die naweek sy merk weer gemaak toe die Franse rugbyspan La Rochelle, by wie hy voorspeler- en skrumafrigter is, die magtige Leinster in die eindstryd van die Europese kampioenskap geklop het met 24-21 – dít nadat die span in ’n kol met net 14 man gespeel het. Ná aanhoudende aanval met die pak voorspelers het die span die wendrie in die laaste paar sekondes gaan druk. Verlede jaar was La Rochelle ook in die eindronde, maar het verloor. Gurthro se trotse pa asook sy broer was daar om hierdie pragoorwinning te sien en te ervaar. Op die foto is Gurthro ná La Rochelle se geskiedkundige oorwinning saam met die ander twee voorspeler-afrigters, Romain Carmignani en Donnacha Ryan. Foto:


You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article