’n Oud-leerder van die Hoërskool Labori in die Paarl, Hennie Gerber, het vandeesweek herlaaibare lampies aan die skool se eerste rugbyspan geskenk om seker te maak dat hulle nie in die donker hoef te studeer in die aanloop tot hul eindeksamen nie. By hulle (middel agter) is die skoolhoof, Johann Batt.