Die oud-Gimmies Alma Rossouw (naaslinks) en André Terblanché (naasregs) het Donderdagaand (20 Junie) ’n gesamentlike bekendstelling by die Breytenbach-sentrum in Wellington gehou om haar debuutroman, Sypaadjie, en sy debuutalbum, Pop Culture Bekeerdes, bekend te stel. By hulle staan Wilken Calitz en Peter van Helslandt wat ’n musikale bydrae vir die album gelewer het. Ander rolspelers sluit in Francois Lötter en die Breytenbach-boekklub wat die platform geskep het, Saartjie Botha vir haar ondersteuning van debuutwerk en Wenkbrou/Eyebrow Uitgewers.Foto: Maryke Swart