Die Paarl het die afgelope naweek weer eens gebars van die trots toe een van sy rugby-seuns in die Springbokke se toets teen hul aartsvyand, die All Blacks, op Ellispark in Johannesburg uitgeblink het. ’n Oud-leerder en gewese eerstespanrugbyspeler van die Hoërskool Paarl Gimnasium, Grant Williams, het die finale spyker in die All Blacks se kis geslaan toe hy ’n briljante wendrie vir die Bokke gedruk het. Die Bokke het die uiters spannende wedstryd 31-27 gewen. Ander spelers vanuit Drakenstein-bodem wat tot die oorwinning bygedra het, was Kurt-lee Arendse, Frans Malherbe, Vincent Koch en Handré Pollard. Foto: Foto24 | Anton Geyser