Oud-Springbok-rugbyspelers het verlede Woensdag by Simonsvlei-wynkelder ’n draai gemaak waar ’n groepbespreking en vrae-en-antwoord-sessie gehou is in die aanloop na Saterdag se kragmeting tussen die Springbokke en die All Blacks in Kaapstad. Op die foto is, van links: Gary Teichman, Dick Muir, Natasha Grundy, Mark Watson, Karlien Wentzel, Danie Gerber en Dawie Theron. Voor is Percy Montgomery.Foto: