Hierdie naweek bied die Bôrdienghuis-teater weer lekker vermaak op Vrydag en Sondag.
Op Vrydag 4 Augustus vanaf 19:00 is Philip Moolman op die planke met sy produksie Neil Diamond Tribute, asook sy eie Afrikaanse liedjies.
Die akteur, sanger en liedjieskrywer het bekend geword deur sy rolle in Egoli, Die Prins van Pretoria en Sonkring. Hy is ook mede-stigter van die gewilde Blou Hond-teater-restaurant, waar plaaslike top-kunstenaars weekliks optree.
Die aand sal as volg verloop: In Philip se gewilde Neil Diamond Tribute in die eerste helfte en ná pouse kan gaste uitsien na ’n verskeidenheid Afrikaanse en Engelse liedjies.
Kaartjies kos R150 per persoon en kan bespreek word by Jeannine by 061 156 5386. Pizza en wyn is te koop vanaf 17:00.
. Sondag 6 Augustus om 19:00 is Stef Kruger en Blackie Swart aan die beurt. Hierdie twee “ou vrinne” het, ná baie jare se alleenloop, besluit om hul woordmusiek in een mandjie te gooi, en ou en nuwe treffers, ’n tikkie blues, nostalgie en ’n skeut humor met musikale vernuf terug na musiekteater te bring.
Die gehoor kan uitsien na akoestiese weergawes van Stef sowel as Blackie se grootste treffers. Blackie se vernuftige kitaarspel, saam met Stef op soms vreemde en eksotiese perkussie, sorg vir heelwat verrassing in die vertoning.
Die vertoning is ongeveer 80 minute lank.
Pizza en wyn is vanaf 16:00 te koop.
Kaartjies kos R150 en kan bespreek word by Jeannine by 061 156 5386.