By Hoër Meisieskool Paarl se jaarlikse orkeskamp was dit ’n naweek van simfo­nie, see en vriende maak in Melkbos­strand. Die lede van die orkes het ’n heerlike tyd saam met die onderwysers en leerders aan Hoërskool Melkbos­strand gehad.