’n Polisiebeampte is na bewering deel van ’n groep mans wat onlangs ’n vrou van Groenheuwel in Paarl-Oos om die beurt verkrag het.
Wat presies gebeur het en hoeveel mans betrokke was en weens dié grumisdaad aangekla is, is nog nie duidelik nie.
Paarl Post het ’n navraag aan die Wes-Kaapse provinsiale polisiekantoor gerig. AO Joseph Swartbooi, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en die navraag na die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat (Opod) verwys.
“Neem asseblief kennis dat die omstandighede oor die voorval wat in die navraag aangehaal word, nou die onderwerp is van ’n ondersoek deur die onafhanklike polisie-ondersoekdirektoraat.”
Robbie Raburabu, ’n nasionale woordvoerder van Opod, het egter aan Paarl Post gesê hulle weet nie van die saak nie en dat hulle dit nog minder ondersoek.
“Opod is nie bewus van die saak nie. Die polisie het [die saak] waarskynlik nooit by Opod aangemeld nie.”. A police officer is allegedly part of a group of men who recently took turns raping a woman from Groenheuwel in Paarl East.