Op ’n Stasiefees gaan vanjaar groot pret wees

Hoe bou jy brûe met kos? Eet is tog ons lewensaar. Almal moet eet.


Hoe bou jy brûe met kos? Eet is tog ons lewensaar. Almal moet eet.

Kom besoek gerus die kostent by die Op ’n Stasiefees. Hier gaan kos gemaak word, kolwyntjies versier word en sommer baie meer.

Die Stasiefees-melktertbakkers maak ook elke jaar die grootste melktert in die wêreld! Kom kyk hoe dit vermag word van 08:00 en van 12:00 kan jy jou stukkie melktert kom koop.

Wie kan jy in die kostent ontmoet? Met Retha Rix wat as seremoniemeester optree, sal jy die volgende bekendes wat as beoordelaars gaan optree, sien en hoor: Amoré Bekker van RSG, Lise Beyers van Media24, Tannie Poppie, die geliefde Kokkedoor van die eerste Kokkedoor-uitsending en Thali Hugo, Wellington se eie Kokkedoortjie. (Onthou om vanaf April die Kokkedoortjie-program op kykNET te kyk).

Vir die deelnemers is daar ook lekker pryse om te wen. Ons eie kokkedoortjies gaan hul slag wys. Tannie Poppie sal om 10:30 ’n kosdemonstrasie doen en Amoré Bekker het ’n spesiale stuk vir die Fees geskryf, Brûe Bou met Kos. wat 12:30 geskied. Om 13:30 begin die kadoeskompetisie. Wie gaan as Kadoeskoning gekroon word? Moenie hierdie lekkerlagkompetisie misloop nie! Dit is ’n moet-sien!

Toegang beloop R40 per persoon en vir kleuters in stootwaentjies is dit gratis. Jy kan aanlyn bespreek by Wellington Stasiefees by quicket.co.za. Die feestrein van Kaapstad na Wellington en terug beloop R120 (hekgeld ingesluit). Kontak Marinda.Ehlers@pioneerfoods.co.za vir meer inligting.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.