Die waterkanaal wat van die Leeurivier na die Voëlvleidam vloei, loop tans geweldig sterk danksy die goeie reëns wat die afgelope twee weke uitgesak het. Die Voëlvleidam is nou 65,14% vol in vergelyking met 52,21% verlede jaar in dieselfde tydperk. Verlede jaar het dieselfde kanaal heeltemal opgedroog en was dit vol sand.