Die New Hope-gemeenskapsentrum (NHCC) is ’n organisasie sonder winsoogmerk in die misdaadgeteisterde Chicago in Paarl-Oos. Die lewe van talle jongmense is die afgelope jaar hier weens geweld en ander onnodige gebeure geëis. Die NHCC wil diegene wat oorlede is, onthou en hul lewens vier asook hoop bring aan hul gesinne, ouers en geliefdes wat steeds oor hulle rou. Die NHCC nooi die gemeenskap van Drakenstein om op 6 November om deel van hierdie inisiatief te wees. Dit word by die Paarl-Thusongsentrum in Van der Stelrylaan aangebied. Die deure open om 14:00 en die verrigtinge begin om 15:00. Bel Johanna by 076 668 9625 of Cathy by 073 335 1032 vir nog inligting.Foto:


Onthou dié wat ons verloor het

You need to be Logged In to leave a comment.