Onnies staak dalk oor sny van poste

’n Dreigende onderwysstaking vroeg in die nuwe jaar is net een van die groot bekommernisse vir die Wes-Kaapse Onderwysdepar­tement.


’n Dreigende onderwysstaking vroeg in die nuwe jaar is net een van die groot bekommernisse vir die Wes-Kaapse Onderwysdepar­tement.

Dit volg nadat die vakverbond Cosatu ’n kennisgewing ontvang het oor die moontlikheid van ’n betoging as gevolg van die vermindering van onderwysposte.

Die departement is genoodsaak om altesaam 2 407 onderwysposte teen die einde van hierdie jaar te sny omdat die nasionale regering nie by die nasionaal onderhandelde loonooreenkoms gehou het nie.

David Maynier, die Wes-Kaapse minister van onderwys, maak dit duidelik dat hierdie onderwysposte net kontrakposte is wat nie hernu sal word nie, dus hoef permanent aangestelde onderwysers nie bekommerd te wees nie.

Maynier was op 6 Desember in die wetgewer in ’n debat oor die onderwysaanpassingsbegroting vir die boekjaar 2024-’25.

Hy het daarop gewys dat die WKOD reeds verskeie finansiële besnoeiings uitgevoer het, maar dat die onderwysbegroting egter nog in die rooi is.

Boonop maak die departement gereed vir ’n toename in leerders by skole vir volgende jaar.

Maynier pleit egter dat alle belanghebbendes eerder hande moet neem en saamwerk en nie teen mekaar moet werk nie.

You need to be Logged In to leave a comment.