’n Musiekonderwyser by ’n gesogte skool in die Paarl is onlangs afgedank nadat hy in ’n interne ondersoek aan ’n klag van seksuele teistering skuldig bevind is.
Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het die afdanking bevestig.
Volgens Bronagh Hammond, ’n woordvoerder van die WKOD, het die skoolhoof die departement in Julie ingelig oor die beweerde seksuele teistering van ’n leerder by die skool.
Die naam van die skool mag op aanbeveling van regsadvies nie genoem word nie.
Die onderwyser, wat ook ’n toesighouer was by die skool se koshuis, is die skoolterrein belet. Daar is ook bewerings dat dit nie die eerste keer is dat ’n leerder gekla het oor die onderwyser se gedrag wat onvanpas was nie.
’n Nota is deur die WKOD by die onderwyser se persoonlike rekord geplaas sodat hy nie in die toekoms as staatsamptenaar kan dien nie.
- A music teacher at a prestigious school in Paarl was recently fired after an internal investigation found him guilty of a charge of sexual harassment.

