In verband met Paarl Post se artikel oor die munisipale diereskut getiteld “Paarl vra tenders vir algemene diereskut” in 10 April se uitgawe wat later op 11 April aanlyn verskyn het, voel ek dit is redelik onregverdig van die Drakenstein-munisipaliteit (DM) om nie almal ‘n regverdige kans te gee om aansoek te doen nie.

Pawrent NPO het probeer aansoek doen, maar is geïgnoreer tot vanoggend, met net ‘n antwoord van die munisipaliteit dat aansoeke reeds op 8 April gesluit het.

Die enigste manier hoe die publiek uitgevind het van die tender was deur Paarl Post se berig.

Ek glo dit is onregverdig, want nou kry Paarl Dierebeskermingsvereniging (DBV) weer die tender, want hulle was die enigste wat geweet het.

Met soveel klagtes en met almal wat verkies om Wellington DBV toe te gaan moet die DM sekerlik sien dat Paarl DBV nie werk as tender nie, en ander diereorganisasies ‘n regverdige kans gee om aansoek te doen.


Bonita Denton, PAARL

You need to be Logged In to leave a comment.