Die ongelukstoneel op die R44 tussen Hermon en Malanstasie. Foto: Mike Charlie 1/ Facebook


’n Noodlottige ongeluk het vanoggend (6 November) omstreeks 07:00 op die R44 plaasgevind toe die bestuurder van ’n Hyundai H-100-bakkie beheer verloor en die voertuig gerol het.

Die ongeluk het sowat 10 km voor die Hermon-afdraai gebeur.

Volgens Kurt Maske van ER24 is altesaam 19 mense beseer en twee sterftes aangemeld teen druktyd gisteroggend.

Die moontlikheid van nog sterftes kan nie uitgesluit nie.

Die voertuig het altesaam 21 mense vervoer, insluitend die drywer.

Stephan Landsberg, ’n VF plus-raadslid in Wellington, het bevestig dat die Hyundai landbouwerkers vervoer het toe die ongeluk plaagevind het.

Volgens Maske is ’n helikopter ontbied om ’n kritiek beseerde passasier na ’n nabygeleë hospitaal te neem.

Die Wellington-polisie het die voorval bevestig.

Volgens kol. Johan Barkhuizen word ‘n saak van strafbare manslag ondersoek.

You need to be Logged In to leave a comment.