Vier mense is Saterdagaand dood in ‘n ongeluk op die R44 terwyl hulle onderweg was na Mediclinic Vergelegen in Somerset-Wes.
Die Paarliet Ronwan Adams, sy meisie Euodia van Graan en haar ouers Eugene en Elma, het almal gesterf in die ongeluk. Die Van Graans is van Kylemore.
Die ongeluk het omstreeks 22:30 gebeur naby die Mooiberge-padstal op die R44. Ten tyde van die ongeluk was die vier oorledenes op pad na die hospitaal met Eugene nadat hy glo ‘n hartaanval by die huis gehad het.
- Four people died in an accident on the R44 on Saturday evening when they were on their way to the Vergelegen Mediclinic in Somerset West.


