Die twee plaaslike onderwysers wat deel is van ’n groep mense wat van bedrog beskuldig word, het Maandag (22 Mei) die eerste keer in Bellville in die hof verskyn.

Die saak waarin die skoolhoofde Mary Banda van Klein Nederburg Sekondêr en Harvey Cupido van Wellington Sekondêr beskuldig word, is vandeesweek in die Bellville- gespesialiseerde handelsmisdaadhof voortgesit nadat die saak aanvanklik in die Atlantis-landdroshof aangehoor is.

Banda en Cupido is deel van 17 voormalige beheerliggaamslede en onderwysers van Atlantis Sekondêr wat in hegtenis geneem is.

Banda en Cupido het destyds by dié betrokke skool gewerk.

Hulle word daarvan beskuldig dat hulle in 2008 ’n leerdervervoerkontrak van Benjamins-busdiens met die betrokke skool onwettig verleng het.

Die busdiens het glo meer as R12 miljoen voordeel getrek.

Die saak is Maandag tot 4 Julie uitgestel sodat die staat die inhoud van die saakdossier aan die verdediging kan verskaf.

You need to be Logged In to leave a comment.