Die tuin van die Wes-Kaapse onderwysdepartement in Hospitaalstraat in die Paarl verg volgens verskeie Paarliete ietwat aandag. Die afgelope tyd het Paarl Post heelwat klagtes ontvang oor die stand van die perseel om die gebou. Gras en onkruid groei reeds etlike maande al hoe hoër en rommel lê ook binne die perseel sonder dat dit opgetel word. Volgens Millicent Merton, ’n woordvoerder van die Wes-Kaapse Onderwysdeparte­ment, vind “geskeduleerde instandhouding” tans by die fasiliteit plaas, wat “moontlik” daartoe bygedra het dat die fasiliteit onversorg lyk. “ ’n Skoonmaakspan versorg elke dag die parkeergebiede deur die dromme leeg te maak, rommel op te tel en die blare te hark. Sakke blare en gras wat nog op die terrein is, sal so gou as moontlik verwyder word,” het Merton gesê.Foto: Jana Scheepers

Credit: SYSTEM

Onderwysdepartement se gras groei hoog

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article