Die Paarl Post-Kersfonds maak elke jaar met die hulp van geldelike skenkings uit die Drakenstein ’n verskil in talle minderbevoorregtes se lewe. Lesers word gevra om hul harte oop te maak om die minderbevoorregte gemeenskap te ondersteun deur ’n finansiële skenking te gee. Alle geld wat aan die Paarl Post-Kersfonds geskenk word, word deur die Gemeenskapskas bestuur en die geld word slegs aan plaaslike, geouditeerde welsynsorganisasies geskenk. Skenkings word in die Gemeenskapskas-rekening (62152029007) by FNB (tak 261150) gedeponeer. Faks die depositostrokie na die Paarl Post by 086 559 9644. Alle skenkers sal in die Paarl Post erken word. Skenkings kan ook by ons kantoor in Newstraat 1a afgegee word. Vir navrae, bel Lise Beyers by 021 870 4602 of 079 516 6941 of stuur ’n e-pos-boodskap na edit@paarlpost.co.za