Ondersteun Earth Hour

Ondersteun die stryd teen klimaatsverandering deur deel te neem aan die Wêreldnatuurfonds (WWF) Suid-Afrika se Earth Hour Avontuur-pretloop Saterdag op die pragtige wynlandgoed, Plaisir de Merle.


Ondersteun die stryd teen klimaatsverandering deur deel te neem aan die Wêreldnatuurfonds (WWF) Suid-Afrika se Earth Hour Avontuur-pretloop Saterdag op die pragtige wynlandgoed, Plaisir de Merle.

Hierdie beeldskone landgoed in Somondium en aan die voet van die Simonsberg, is onder meer een van WWF Suid-Afrika se wynbewaringskampioene.

Die gesinsvriendelike, maklike avontuurloop van 5 km is die perfekte, energieke voorloop tot ‘n heerlike aand van wynproe en ‘n piekniek, of ‘n heerlike ete by die landgoedmark.

WWF Suid-Afrika se hoof van sakeontwikkeling, Justin Smith, het gesê die Earth Hour Avontuur-pretloop vorm ‘n unieke geleentheid in die Kaapse Skiereiland as deel van die jaarlikse Globale Earth Hour-beweging, en keer nou terug na ’n afwesigheid van twee jaar weens die Covid-19 pandemie.

Die Earth Hour-veldtog is ’n wêreldwye bewusmakingsinisiatief van die WWF wat mense aanmoedig om vir een uur lank hul ligte af te skakel en so min moontlik elektrisiteit te gebruik, vir die bewusmaking van klimaatsverandering en hoe om spaarsamige energieverbruik te bevorder.

Die veldtog is die eerste keer in 2007 in Australië begin en het sedertdien na meer as 150 lande uitgebrei. WWF nooi alle Suid-Afrikaners om by die wêreldgemeenskap aan te sluit om aan die Earth Hour-veldtog deel te neem om klem te lê op die noodsaaklike rol wat die natuur in ons lewens speel en om die vermindering van klimaatsverandering te beklemtoon. 

WWF se 2022 Earth Hour Adventure-pretloop:

* Datum: Saterdag, 26 Maart 2022

* Plek: Plaisir de Merle Wynplaas, Simondium

* Tyd: Vanaf 16:00

* Kaartjies kan bespreek word by: https://www.quicket.co.za/events/169018-earth-hour-adventure

You need to be Logged In to leave a comment.