Noudat die oestyd in die wynlande tot ’n einde kom, en herfs binnekort in die wingerde te sien sal wees, sal hardlopers Sondag (10 Maart) getrakteer word op roetes wat tydens vanjaar se Cape Epic-bergfietsren gebruik sal word.
Die Harvest Trail Run, aangebied deur Sportsmans Warehouse, bied ’n 6 km- en moeiliker 11 km-roete, wat om 08:00 sal begin, op die Dirtopia-enkelbaan aan.
Dirtopia se roetespan het hard gewerk om die roetes onder Simonsberg skoon te maak, wat ’n natuurervaring in die woud bied.
’n Volledige waterpunt op albei roetes sal ook vars druiwe insluit, terwyl almal wat hul roetes voltooi ’n spesiale geleentheidsmedalje en koeldrank sal ontvang.
Koffie sal beskikbaar wees wanneer registrasie om 07:15 open en die restaurant sal pizzas en kaasborde te koop aanbied.
Geniet die oggend op die grasperke met baie ruimte vir kinders om te speel.
Alle deelnemers geniet ??’n kans om Knorhoek-wyne in die gelukstrekking te wen en daar is ook pryse vir die wenners in elke afstand.
Bring die dag in die wynlande deur en geniet die pragtige uitsigte terwyl jy aan heerlike wyne proe.
Skryf teen Vrydagoggend aanlyn in by www.dirtpass.co.za om te spaar – met die 6 km teen R145 en die 11 km teen R 180. Let daarop dat kinders slegs vir voorafinskrywings R60 betaal.
Laat inskrywings sal die oggend teen ’n hoër fooi aanvaar word.
Regstreekse tydsberekening deur Trail Tag is opsioneel (maar word aanbeveel) en die professionele fotograwe Oakpics sal die herinneringe vasvang.. Besoek www.dirtopia.co.za of stuur ’n SMS na 078 343 3572 of e-pos info@dirtopia.co.za vir nog inligting.

