Hoër Landbouskool Boland se Seccies (o.19B-rugbyspan) het koning gekraai tydens die naweek se Interskole teen Hoër Landbouskool Oakdale en die Riverdalers 15-10 geklop.Foto:


Hoër Landbouskool Oakdale se o.19A-rugbyspan het die afgelope naweek met Boland Landbouskool op die plaas in Agter-Paarl klaargespeel en die wedstryd 26-17 in die laaste Supa Quick- premier-interskole-kragmeting van die seisoen gewen.

Dit was ’n kliniese derbydagvertoning waar die meeste uitkomste die besoekers van Riversdal bevoordeel het. Boland Landbou sal besin oor die geleenthede wat sy span op die veld verspeel het en sal wonder “wat kon gewees het”.

Die Paarliete se foute op kritieke oomblikke en swak besluitneming het hom duur te staan gekom. Daarby het die Riversdallers goed verdedig.Puntemakers:

Boland Landbou (17)

Drieë: Albie Bester, Hannes van Wyk en Jandré Genis

Doelskoppe: Jandré Genis (1/3)

Strafskoppe: Jandré Genis (0/1)

SupaQuick- Speler van die wedstryd: Oakdale se kaptein, Francois du Toit (6)

Vir Oakdale Landbou (26)

Drieë: Keagan Coerecius, Marcel Strydom, André Goedhals

Doelskoppe: Kobus Janse Van Rensburg (1/3)

Strafskoppe: Kobus Janse Van Rensburg (3/3)

Geelkaart: Emilio Silva

You need to be Logged In to leave a comment.