Die familievriendelike Afrikaanse musiekfees Piekniek en Musiek vind vanjaar op Sondag 4 Desember op die Nederburg-landgoed plaas.

Kunstenaars wat gaste sal vermaak, sluit in Bok van Blerk, Elvis Blue, Refentse en Tarryn Lamb.

Nederburg, die nuwe tuiste van Piekniek en Musiek, bied uitgestrekte grasperke en groot skadubome vir ’n heerlike middag vol piekniekmusiek-ervaring. ’n Onlangs opgeknapte speelgebied maak die geleentheid nou selfs meer geskik vir gesinne wat graag ’n middag in die buitelug wil geniet.

Hekke open om 11:00 en die vertonings begin om 14:00. Gaste kan hul eie piekniek inpak of die wye verskeidenheid kosstalletjies op die perseel ondersteun. Alkoholiese drank mag nie saamgebring word nie, maar sal by die konsert te koop wees.

Kaartjies teen R250 per persoon kan gekoop word by Ticketmaster. ’n Beperkte aantal kaartjies vir kinders onder 12 is te kry teen R150 elk.

You need to be Logged In to leave a comment.