Die Hoërskool Paarl Gimnasium het onlangs sy studenteraad aangewys en dié leiers streef daarna om die vyf waardes van die skool uit te leef. Dit is lojaliteit, integriteit, verantwoordbaarheid, respek en diensbaarheid. Die studenteraad funksioneer parallel met die Verteenwoordigende Raad van Leerders (VRL) wat die skool se leerders verteenwoordig en wat onder beheer van die skoolbeheerliggaam as beleidmakende gesag staan. Agter is Phillip-Albert van Niekerk, Liam Koen, Keanu Coetsee, Chanré Botha, Johno Sterley, Lian Muller, Liam Buys, Rocco Nortje, Christoff van Rensburg, Luca Bakkes, Bernard Bladergroen, Shuan Ray, Logan Opperman en Johandré van Niekerk. Voor staan Thorina Bosman, Lize Rossouw, Minke Engelbrecht, Roosje Grobbelaar, Lisa Snyman, Lara Etzebeth, Nicola Thomas, Chené Steenkamp, Anja Woudstra, Dané Lubbe, Phia Hamman, Zahn Greyling en Charlize Trieloff.
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.