Saterdag is die amptelike opening van Sunfield Home se nuwe saal en die groot viering gaan gepaard met sy Kersfeesmark.
Die dag se verrigtinge begin om 09:00 en hou aan tot 13:00 en alles vind op die perseel van Sunfield Home plaas.
Die bekende sanger Heinz Winckler sal gaste vermaak en daar sal ook geleentheid wees vir besoekers om saam met Heinz ’n foto te neem.
Ook op die program is die inwoners van Sunfield wat saam met die kitaarspeler Timothy Adams optree.
Besoekers kan ook uitsien na ’n verskeidenheid van stalletjies, ’n teetuin, ponieritte vir die kinders en vele ander vermaak.
Vir nog inligting oor die dag se verrigtinge, bel 072 447 2576