Wellington se immergewilde Stasiefees trek vanjaar ’n blink nuwe baadjie aan en verhuis na sy nuwe feesperseel op Kleijnevallei, op pad na Bainskloof.
Die Stasiefees word vanjaar 5 Mei gehou en sal na verwagting weer ’n groot fees vir die dorp wees. Oudergewoonte gaan daar heerlike stalletjies wees met ’n verskeidenheid eet- en drinkgoed, kosdemonstrasies, pret vir die jongspan en musiekvertonings.
Van die kunstenaars wat sal optree, is Refentse, Wynand en Cheree Strydom, Jaco Losgelaat en Adagio. Tjiff en Tjaff sal die kleinspan vermaak. Bel Tharina Schweidler by 082 779 4001 vir nog inligting of om ’n stalletjie te bespreek.