Nuwe opleidingskursus by Wamakersvallei

’n Splinternuwe kursus wat spesiaal gemik is op werkskepping deur entrepreneurs, is onlangs deur die Wamakersvallei-opleidingsentrum in samewerking met Badisa van stapel gestuur.


’n Splinternuwe kursus wat spesiaal gemik is op werkskepping deur entrepreneurs, is onlangs deur die Wamakersvallei-opleidingsentrum in samewerking met Badisa van stapel gestuur.

Die kursus is gemik op huisvrouens wat met ’n klein speelgroepie wil begin om kleuters vir die skool voor te berei.

Dit bestaan uit ’n kort kursus waar die kursusgangers leer om met behulp van ’n groot hoeveelheid opvoedkundige speelgoed wat deur Badisa verskaf word, kleuters te leer om te lees, te skryf en somme te maak.

Die eerste van die kursusse word tans aangebied en persone wat belangstel kan Marie Schmidt by die sentrum bel by 021 873 5942.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.