Die MyRide Nissan-tak in die Paarl is amptelik oop en pronk met ’n vars nuwe voorkoms waar klante welkom sal voel en verseker kan wees van goeie diens.
Nissan Suid-Afrika is besig om sy handelsmerk op te kikker, en MyRide Nissan Paarl is een van die eerste takke wat daarmee begin het.
Langs die R101 tussen die Paarl en Klapmuts staan ’n ultra-moderne gebou met die nuutste tegnologie, wat strek van die binnehuisversiering tot die werkswinkel. Die tak het tans 30 werknemers wat in diens geneem is vir die administrasie, verkope, onderdele asook die werkswinkel, en nog aanstellings is op pad.
MyRide Nissan, met takke reg oor die Wes-Kaap en Gauteng, is vir seker aan die groei, en op pad om Suid-Afrika se grootste Nissan-handelaars te word.
Vir MyRide Nissan Paarl is die belangrikste aspek om goeie verhoudings met klante op te bou en netwerkgeleenthede aan te gryp om die Nissan-familie verder uit te brei.
“Ons personeel is baie betrokke in die omgewing waarin ons werk, wat waarborg dat hiérdie Nissan-tak ’n pad met klante sal stap – soveel so dat hulle later soos familie word,” sê Johann Rheeder, die franchise-bestuurder en handelaarshoof by MyRide Nissan Paarl.
Die Nissan-span het ’n uitvoerbaarheidstudie gedoen om te kyk in watter gebied die sosio-ekonomiese groei die grootste is. Buiten die Weskus, waar ’n MyRide Nissan-tak sy deure in Julie geopen het, het die studie gewys die Wynland-distrik toon belowende groei vir die volgende paar jaar. Dit is juis om dié rede dat besluit is om ’n bykomende MyRide Nissan-tak in die Paarl op te rig.
As jy nog ’n rede nodig het om ’n Nissan te koop, sê Rheeder: “Die maklikste en vinnigste antwoord is dat die Nissan-bakkie die prys as bakkie van die jaar gewen het.”
Daarbenewens is dié motors se brandstofverbruik, herverkoopwaarde en dienskostes uitstekend geprys.
Nissan-aanhangers kan uitsien na die nuwe Nissan Qashqai, wat in Oktober op die mark sal wees, en die X-trail, wat sy verskyning in 2023 gaan maak, asook verskeie elektriese motors wat binnekort bekendgestel word.


