Die Huizies-gesin van die Paarl verhuis einde Augustus na Johannesburg. Franklin en Jo-Anne Huizies is albei stigterslede van Radio KC, asook die Rejoice-dansskool. Hoewel die groot trek baie emosies wek, sien die gesinslede uit na hul nuwe lewe in die Goudstad. Franklin is onlangs aangestel as die ondervoorsitter van die raad van die Nasionale Vereniging van Gemeenskapsradio-uitsaaiers. Jo-Anne sal ’n nuwe hoofstuk van die dansskool inlei. Hul seun, Karsten, het onlangs sy graad in internasionale bemarkingsbestuur voltooi, terwyl hul dogter verder by die Universiteit van Johannesburg in media en kommunikasie gaan studeer, nadat sy onlangs haar BTech hoër nasionale diploma in uitvoerende kunste aan Pearson voltooi het.