Die sakevrou en entrepreneur Annelie Stapela (derde van links) het verlede week met ’n nuwe reis begin met die opening van haar nuwe bistro, Cafe Ambrosia, by Boutique House in Paarl se Hoofstraat. Buiten al die heerlikhede wat hierdie eet- en koffieplek bied, bied dit ook ander jong entrepreneurs die geleentheid om hul produkte te bemark. By die opening saam met Annelie is Riley Horner, Llewellyn Lategan, Wikus Potgieter , Charlene Elliott (seremoniemeester) en Ilde Meyer (Boland Showcase).Foto: Lise Beyers