Paarl Post trek vandeesweek ’n blinknuwe Wellington-baadjie aan met sy tweeweeklikse Wellington-nuus wat voortaan in Paarl Post sal verskyn.
Ons wil graag die gemeenskap se stories uit Wamakersvallei hoor en hul foto’s en prestasies breed versprei.
Paarl Post druk weekliks tussen 14 000 en 15 000 koerante en deur middel van sy digitale platform op Netwerk24 word die koerant oor die land heen gelees en dit bereik ook oud-Valleiers wat in die buiteland woon.
So, graag hoor ons van die Wellington-gemeenskap om sodoende nuus van dié vallei nog verder te versprei, asook om hierdie pragtige streek te bemark.
Kontak ons gerus:• Paarl Post-bestuurder, Stefan Kolver, 021 870 4600 – stefan@media24.com;• Vir advertensienavrae, Ilse Fourie by 021 870 4601 – ads@paarlpost.co.za; • Alle nuus en foto’s, Lise Beyers by 021 870 4602/079 516 6941 – edit@paarlpost.co.za;• Verspreiding, Morné Collins by 021 870 4600 of morne.collins@media24.co.za.
Ons hoor graag van alle Wellingtonners en sien daarna uit om vir hulle ’n lekkerlees koerant te bied!